banner banner banner
God Van Abraham, Isak En Jakob
God Van Abraham, Isak En Jakob
Оценить:
 Рейтинг: 0

God Van Abraham, Isak En Jakob


Abraham het Hom ook geglo toe Hy gesê het dat hy die voorvader van ʼn groot nasie sou wees. Verbeel jou! Op die ouderdom van 75 en met ʼn onvrugbare vrou? Sy geloof kon nou wel nie die belofte die hele pad dra nie, maar God het hom in die middel van die nag buitentoe gebring en vir hom gesê om die sterre in die lug te tel. Hy het hom verseker dat nes die sterre ontelbaar was, so sou sy nageslagte ook wees. Soos jy vandag hierdie boodskap lees sal jou bedenkinge en vrese pad gee vir God se gerusstelling en wonderwerke, in die magtige naam van Jesus! As Abraham nie die sterre kon tel nie, sal jy van nou af ook nie die vermenigvuldiging wat die Almagtige na jou toe gaan stuur kan tel nie.

Jy moet totaalonderdanig aan Sy riglynewees wanneer jy in ʼn verbond met Hom is. Jy moet bereid wees om al Sy woorde te gehoorsaam. Jy moet aandag gee aan elke aspek van Sy leidingen jy moet glo dat die uitkoms goed sal wees vir jou. Die woord van God sê dat die toekoms van ʼn man of ʼn vrou wie God volg vrede is. Dit maak nie saak wat tans gebeur nie, God sal alles rondskuif om Sy heerlikheid en jou seën in te bring. Gaan kyk na almal wie voluit besluit het om Hom te volg in die Bybel. Voorwaar, diegene wieop Hom vertrou sal nie teleurgesteld wees nie!

Ek onthou op 28 Desember 2001 terwyl ek gebid het,het God vir my die name, geslagte en volgorde waarin my kinders gebore sou word gegee. Ek was op daardie stadium nog nie getroud nie. Maar omtrent vier jaar later het iets gebeur. Ek het op my bed in my slaapkamer gelê toe daar skielik ʼn wese langs my verskyn het. Hy het my op my naam geroep en na ʼn geraamde foto in die hoek gewys. Die wese het vir my gesê dat die persoon in die foto nie gemaak was om kinders te hê nie. Ek was geskok om te sien dat dit ek in die foto was. Ek het onmiddellik na die besoeker gedraai en gevra wat die probleem was, maar hy het net vinnig sy hand uitgestrek en iets uit my middel gehaal en verdwyn. My God! Ek het nog nooit pyn ervaar soos na daardie aand nie. Dit was asof ek uit die teater gekom het na ʼn operasie. Vir die volgende twee weke kon ek nie ordentlik loop nie. Die pyn was te erg. En wat was dit? Ek glo dit was ʼn goddelike, chirurgiese operasie wat daardie aand op my uitgevoer was, om dit te verwyder wat in die pad sou staan van God se belofte vir my kinders. Vandat ek gebore is het ek nog nooit so iets gesien of ervaar nie. Daar is definitief raaisels in hierdie lewe. Dit is die waarheid!

Toe God vir my daardie belofte in 2001 gegee het, het Hy geweet die vyand het die pad geblok, maar Hy het nie omgegee nie, want geen mag en niemand kan Sy woorde en beloftes belemmer nie. Toe die tyd vir die belofte gekom het, het Hy gekom om die hindernis te verwyder. Vandag het ek my kinders nes Hy belowe het, alle eer aan God. En tot my verbasing het hulle in die spesifieke volgorde, geslag en karakter gekom, nes Hy vir my gesê het. God se verbondsbeloftes kan nie misluk nie! Kan jy nou sien hoekom sommige mense hierdie God van ons vir ewig sal dien? Maar kom ons gaan terug na Abraham toe…

ʼn Lewe van Opoffering

Kom ons kyk na toe God vir Abraham gesê het om sy enigste seun op te offer. Ons weet alreeds hoe hierdie wonderwerkie in die wêreld ingekom het. Na ʼn aantal jare se beloftes, wag,sielkundige en geestelike trauma, teen alle bekende natuurlike en mediese wette, teen alle verwagtinge, Sarah op die ouderdom van75, en Abraham op die ouderdom van 100,was die belofte-kind gebore. Ek is mal oorhoe die woord van God dit vasgevang het,“Die Here het vir Sara gesorg en Sy belofte aan haar nagekom. Sara het swanger geword en vir Abraham in sy ouderdom ’n seun gegee. Dit het gebeur op die bestemde tyd soos God beloof het.” (Genesis 21)God kan nie misluk nie! Isak se ouers was so gelukkig en het dit gewys deur die groot partytjies en seremonies wat hulle gehou het. Dink nouaan dieselfde God wat terugkom om die opoffering van dieselfde seun te vereis. Wat? En onthou dat die belofte deur dié seun vervul sou word. Hy was die ‘saad’ van daardie belofte.

Voordat ons aangaan wil ek hê jy moet let op die woorde wat God gebruik het. Kom ons kyk:

“Na ’n tyd wou God Abraham toets. ‘Abraham!’ roep God. ‘Hier is ek,’ antwoord Abraham.God sê vir hom: ‘Neem jou seun, jou enigste seun, ja, vir Isak wat jy so liefhet, en gaan na die land Moria. Offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal wys.’”

Genesis 22:1-2

Uiterste gehoorsaamheid trek uiterste goddelike uitvoering aan. Het jy op die volgende twee woorde gelet – enigste en liefhet? God het geweet dat Isak die enigste was, die alles en dat hulle hom so liefgehad het, nogtans het Hy die opoffering vereis. Wat is dit waarvoor jy so lief is wat Hy vandag van jou vereis? Is jy gewillig om dit op te offer?

Abraham het sy seun, twee van sy dienaars en hout vir die vuur gevat en gegaan waarheen God vir hom gesê het, sonder enige bespreking, bevraagtekening of irritasie. Hierdie man was regtig aan God uitverkoop. In my geestelike oor kan ek hoor hoe God sê: “My naam en aktiwiteite sal vir ewig aan hierdie man se naam gekoppel word. Ek het al geloof gesien; Ek het al gehoorsaamheid en vertroue gesien, maar geen soos Abraham sʼn nie.” Abraham sou sy seun opgeoffer het as God hom nie gestop het nie. Hy het geglo dat God Isak weer uit die dood sou kon rig, al het hy hom doodgemaak. My God!

Kom ons kyk nou na God se reaksie op hierdie ongewone lojaliteit:

“Die engel van die HERE roep toe weer uit die hemel na Abraham: ‘Die HERE sê: Omdat jy My gehoorsaam het en nie eens jou geliefde seun van My weerhou het nie, NEEM EK ʼn EED dat Ek jou oorvloedig sal seën. Ek sal jou nageslag vermenigvuldig tot ’n ontelbare menigte, soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see en hulle sal hulle vyande oorwin. In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word. Dit sal alles gebeur omdat jy My gehoorsaam het.’”

Genesis 22:15-18

Dit sal ook jou porsie wees, in Jesus se naam!

Bou Altare

“Die HERE het aan Abram verskyn en gesê: ‘Hierdie land gee Ek vir jou nageslag.’ Toe bou Abram daar ’n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het. Daarna het Abram verder suid getrek en kamp opgeslaan in die heuwels met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy ook ’n altaar gebou en die HERE aanbid. Mettertyd het Abram in die rigting van die Negev verskuif.”

Genesis 12:7-9

Daar is dinge wat jy konsekwent moet doen as jyregtig wil hê die goddelike verbond moet aanhou om vir jou te werk. Een van daardie dinge is dat jy die geheim en die krag van die altaar moet leer. ʼn Altaar is waar jy met die bonatuurlike ontmoet. Die altaar is ʼn plek van aanbidding. Dit is ʼn plek van vernuwing, opoffering en gebed. As ons voortdurend en aanhoudend die krag en voordele van ons verbonde met God moet aktiveer, dan moet ons leer om ʼn permanente altaar vir Hom te maak. En nie net deur ʼn struktuur te bou nie, maar ons moet ʼn mobiele altaar word. Dit is die waarheid!

Abraham het dit baie vroeg in sy wandel met God geleer. Elke keer wat God hom besoek het, het hy ʼn altaar gebou. Elke keer wat Hy met hom gepraat het, het hy ʼn altaar gebou. Elke keer as hy ʼn oorwinning gehad het, het hy ʼn altaar gebou. Elke keer as hy gereis of verskuif het na ʼn nuwe plek, het hy ʼn altaar gebou. Sjoe! Verbeel jou. Ek wonder hoeveel altare hierdie man in sy leeftyd gebou het? En dit is duidelik hoe ernstig hy sy verhouding met God geneem het. Maar soos ek gesê het, ons moet ʼn stap verder beweeg en mobiele, goddelike altare word. Hoe? Ons sal binnekort uitvind.

Aanbidding

Na Abraham vir God in Haran ontmoet het, het hy elke geleentheid gebruik om die Almagtige te eerbied. Hy het nie net mondelings sy liefde en respek vir God gewys nie, maar hy het sy liefde by elke geleentheid deur sy aksies gedemonstreer. Hy het sy nuwe Vriend liefgehad, vertrou en was baie trots op Hom. G’n wonder dat hulle ʼn baie diep en hegte verhouding gehad het nie;tot die mate dat God gesê het dat Hy niks vir sy vriend Abraham sou wegsteek nie. Ja, God het hom “My vriend” genoem. Ek is groen van jaloesie. Ek wil ook hê dat God vir my namemoet gee. As jy wil hê dat jou verhouding met Hom moet floreer, dan moet jy leer hoe om Hom te eerbied en respekteer, om Sy woorde in elke area van jou lewe toe te pas, in elke situasie. Hy sê dat as jy Hom eersal Hy jou ook vereer. En jy weet hoe Hy vir Abraham vereer het. Goddelike verbonde word nie net geaktiveer deur daarop aanspraak te maak nie (soos ons vandag doen nie), maar deur God se woorde prakties te eer en uit te voer.

Ons moet begin om vir Hom ons beste te gee; ons beste lewe, ons beste tyd, die beste hulpbronne, en ons beste krag. Ja, dit is presies wat opoffering is. Ons moet gehalte en genoeg tyd opoffer om te bid en om Hom te loof en aanbid. Opoffering is eenvoudig om iets baie dierbaar, kosbaar, van groot waarde en soms ‘pynlik’ aanʼn ander te bied. God het outomaties vir Abraham liefgehad as gevolg van die gehalte van sy gehoorsaamheid, gawes, diens en opofferings. Soms het hy sy enigste vir God gegee. Of dink jy God word net wakker en begin ʼn eed aflê om iemand te seën? Nee! Slegs opoffering kan daardie vlak van goddelike toewyding aantrek. Dit is waar! Jykan ook vandag ʼn altaar vir die Here word. Gee elke deel van jou lewe aan God.

God van Isak

“Ná Abraham se dood het God sy seun Isak geseën. Isak het by Lagai-Roï-fontein in die Negev gaan woon.”

Genesis 25:11

Funksionele goddelike verbonde word outomaties geaktiveer op die punt van nood en hulle strek oor meer as een generasie. Laasgenoemde is baie belangrik, want as jy alle materiële dinge vir jou kinders hou sonder om ditvir goddelike ooreenkomste, genade en guns te gee, het jy misluk in hierdie lewe. Alles gaan nie net oor die hier en nou nie, maar oor die toekoms, oor jou nageslagte en oor die geestelike nalatenskap wat jy uiteindelik sal agterlaat. Dit is baie belangrik, want sommige van hierdie beloftes sal jou sekerlik oorleef. Hulle is vir jou, jou kinders en jou kinders se kinders. So wees baie versigtig wat jy vir hulle agterlaat. Sal dit goddelike vloeke, goddelike toorn, gesteelde rykdom, bloed-gevlekteroem en hulpbronne, en vyandskap wees, of sal dit goddelike guns, godvresenheid en seëninge wees?

Abraham het God se verbond van guns, voorspoed, goeie gesondheid, baie lewensjare, seëninge, goddelike teenwoordigheid, oorwinning en beskerming vir sy kinders nagelaat.Veral vir Isak; sy verbond opvolger. Kyk weer na die bogenoemde teks in Genesis. Na die dood van Abraham het God seëninge op sy seun Isak UITGESTORT. My God! Uitgestort? Ja! Uitgestort! Stel jou dit voor. Dit is altyd wonderlik vir God om ʼn man te seën, maar dink net hoe dit sal lyk as die seëninge soos reën uit die hemel uitgestort word. Dit beteken eenvoudig dat God Abraham se seun meer geseën het en sonder maat. Indien goddelike verbonde behoorlik bestuur word sal dit altyd beter, wyer en soeter word met die daaropvolgende geslagte. My kinders sal beter, ryker, wyser, meer begunstig en meer gesalf wees as ek. Dit is die waarheid! As ʼn student van goddelike ooreenkomste is ek altyd bewus van dit.

Kyk wat het gebeur in die tyd van Isak toe daar hongersnood in die land was. In teenstelling met sy vader wat na Egipte toe gegaan het om die skaarsheid uit te wag, het God vir Isak gesê om nie Egipte toe te gaan nie, maar om in dieselfde land te bly. Isak het God gehoorsaam en in Gerar gebly. Die Bybel sê dat:

“Daardie jaar het Isak ’n baie groot oes gehad. Hy het honderd maal meer geoes as wat hy geplant het, want die HERE het hom geseën. Hy het baie ryk geword en sy rykdom het aanhou vermeerder. Hy het groot troppe kleinvee en beeste gehad en baie slawe.”

Genesis 26:12-14

Wonderlik! Dit is verbond! Glo en gehoorsaam hierdie soos jy dit lees.Mag dieselfde goddelike verbond in jou lewe geskied in Jesus se naam! In dieselfde jaar, in dieselfde land, sal jy honderdvoudig maai. God sal jou seën en jou ryk maak. En jou RYKDOM SAL AANHOU GROEI! Ja dit sal so wees, want ek het ʼn verbond met Hom dat enigiemand wie ek seën ook geseën sal word! My God! Jy het sowaar guns dat jy hierdie boodskap op hierdie tyd kan lees.

God was meer saam met Isak aswat Hy saam met sy vader, Abraham, was. Oral waarheen Isak gegaan het, het God hom geseën, bevoordeel en verwantskap met hom gehad. Hy het nooit vir Isak alleen gelaat nie. Daar is niks sterker as verbond in hierdie lewe nie. Dit misluk nie! Dit is vir ewig. Dit is die kragtigste en strek oor generasies. Dit sorteer. Dit beskerm. Dit trek aan. Dit bewaar. Dit bevoordeel. Dit leef. Dit voorsien. Trouens, wanneer elke ander ding misluk sal goddelike verbond steeds staan. Het jy al enige verbonde met Hom aangegaan? As jy nog nie het nie, doen dit onmiddellik.

Die God van Jakob

Daar is niks so kragtig en konsekwent soosʼn goddelike verbond nie. Dit is omdat God self konsekwent en getrou is. Trouens, Hy het gesê dat Hy voortdurend, vir ewig, getrou, en noukeurig oor Sy woorde waak om hulle te laat geskied. Dit beteken dat as jy ʼn verbond met Hom het om jou te beskerm kan niks in hierdie wêreld jou lewe vroegtydig beëindig nie. As die verbond oor voorspoed is sal jy sekerlik swem in dit. As dit oor geestelike krag is sal alle ander magte (insluitend Satan) en situasies beslis voor jou bewe. As dit oor vermenigvuldiging is sal Hy jou gewis besoek, selfs wanneer jou tyd verby is en jou skoot dood is soos Sara sʼn was. Ek het dit al baie gesien. God se woorde kan nooit misluk nie!


Вы ознакомились с фрагментом книги.
Для бесплатного чтения открыта только часть текста.
Приобретайте полный текст книги у нашего партнера:
Полная версия книги
(всего 1540 форматов)