banner banner banner
Die Krag Van Middernag Gebed
Die Krag Van Middernag Gebed
Оценить:
 Рейтинг: 0

Die Krag Van Middernag Gebed

Die Krag Van Middernag Gebed
Gabriel Agbo

Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ʼn vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was? Weet jy van die vyand se oorlog strategieë teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel? Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wêreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ʼn vrou die oë van ʼn kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ʼn man met ʼn klein seuntjie slaap en hom forseer om ʼn slang te eet, net om mag, rykdom en posisie te bekom? Jy sal ook lees oor ander eksplosiewe onderwerpe soos worsteling met God, binding en losmaking, breek van die poorte, oop deure, die volle wapenrusting van God, en die poorte van die hemel en hel. Die 21 kragtige hoofstukke van hierdie boek sal jou sekerlik aan die brand steek vir God. Ek is seker dat jy nog nooit vantevore so iets gelees het nie.

Gabriel Agbo

Die Krag van Middernag Gebed

Die Krag van Middernag Gebed

Deur Gabriel Agbo

© Gabriel Agbo – 2012

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ʼn ontsluitingstelsel bewaar of weergegee word, in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies of meganies, deur fotokopiëring, die maak van opnames of andersins, sonder die skriftelike verlof van die skrywer nie.

Tensy anders vermeld, word alle skrif aanhalings in hierdie boek uit die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) van die Heilige Bybel aangehaal.

Toewyding

Ek wy hierdie boek aan my pragtige ma, Joy Okwuchi Agbo (Nee` Mboma).

Ek is baie dankbaar vir die rol wat jy gespeel het in die totstandkoming en die vervulling van hierdie bediening. Toe daar vir jou gesê was dat die kind in jou skoot ʼn man van God, ʼn nasireër sou wees, het jy die profesie geglo, behoorlik gedokumenteer en al die goddelike instruksies gehoorsaam.

Vandag is daardie profesie ʼn werklikheid in my lewe. Ek wil jou bedank dat jy so ʼn wonderlike, goddelike, toegewyde, hardwerkende en versorgende ma is. Mag God jou seën!

Waardering

Ek dank God dat Hy hierdie boek ʼn werklikheid gemaak het. Met die publisering van hierdie boek het God weereens aan my bewys dat niks onmoontlik is saam met Hom nie.

Die oorspronklike manuskrip vir hierdie boek het ‘verlore’ gegaan. Die vyand het dit vir vyf jaar in stukke gevange gehou. Maar die Almagtige het dit opgewek en weer bymekaar gesit. Ek het aan die begin van die jaar toevallig op die boek afgekom terwyl ek iets anders gesoek het. Die vyand wou nie hê dat dit gepubliseer moes word nie, maar God se wil het geskied.

Ek wil my vriende en medewerkers bedank vir hulle aanmoediging. Ek wil ook my pragtige familie bedank vir hulle geduld met my toe ek vir ʼn tydperk moes ‘onttrek’ om hierdie boek bymekaar te sit. Julle is almal wonderlik. Dankie! Dankie! Dankie!

Gabriel

www.authorsden.com/pastorgabrielnagbo (http://www.authorsden.com/pastorgabrielnagbo)

Inleiding

Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf.

In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel?

Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ʼn vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was?

Weet jy van die vyand se oorlog strategieë teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel?

Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wêreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ʼn vrou die oë van ʼn kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ʼn man met ʼn klein seuntjie slaap en hom forseer om ʼn slang te eet, net om mag, rykdom en posisie te bekom?

Jy sal ook lees oor ander eksplosiewe onderwerpe soos worsteling met God, binding en losmaking, breek van die poorte, oop deure, die volle wapenrusting van God, en die poorte van die hemel en hel. Die 21 kragtige hoofstukke van hierdie boek sal jou sekerlik aan die brand steek vir God. Ek is seker dat jy nog nooit vantevore so iets gelees het nie.

Mag God jou seën!

    Gabriel Agbo

Hoofstuk 1

Die Krag van Middernag Gebed

Een van die kragtigste geestelike instrumente wat God vir ons gegee het, maar wat erg deur Christene verwaarloos word, is middernag gebed. Middernag gebede (of nagwaak) is gebede wat regdeur die nag gedoen word. Die gebede wat in die Bybel en deur die eeue omstreeks middernag gebid was, het nog altyd geweldige en ongeëwenaarde resultate gebring. Dit is noodsaaklik dat jy, as ʼn Christen, ʼn lewe van nagwaak lewe. Daar is vlakke in die gees wat jy nooit sal bereik sonder om middernag gebede te bemeester nie. Daar is vlakke van openbarings wat jy nie sonder langdurige middernag gebede kan kry nie. En daar is ook sataniese vestings, entiteite, trone en kettings wat jy dalk nooit sal kan breek, behalwe deur langdurige middernag gevegte nie.

Die doel van hierdie boek is om die kerk (Christene) bewus te maak van hierdie wonderlike geestelike wapen wat God tot ons beskikking stel. Ek glo (en ook deur my ervaring) dat enige Christen wie die daad van middernag gebede bemeester, ook dit wat in die dag gebeur sal beheer.

Hoekom moet ons in die middernag bid? Middernag (of die ure tussen 11:00nm en 3:00vm) is bekend as die bedrywigste geestelike tydperk van die dag. Jy sal agterkom dat drome, openbarings, aanvalle, besoeke van die geesteswêreld (deur beide engele en demoniese magte) dikwels gedurende hierdie tydperk kom, veral wanneer jy slaap. En die rede hiervoor is eenvoudig. Mense word maklik oorweldig, beïnvloed of beheer terwyl hulle slaap. Die liggaam is natuurlik swak gedurende hierdie tyd en dit maak dit vatbaar vir enige geestelike manipulasie.

Vir iemand om beskerm te word en magtig te wees in die geesteswêreld moet daardie persoon se gees deur ʼn hoër Gees gelei word; wat die Heilige Gees is in die Christen se geval. Ons gaan nie nou al dieper in daardie verduideliking in gaan nie. Al wat ek wil sê is dat middernag altyd ʼn tydperk van intense geestelike aktiwiteite is, vir die koninkryk van God en die koninkryk van Satan.

As jy die aktiwiteite rondom jou moet beheer en die sataniese verordeninge teen jou lewe moet uitroei, dan moet jy leer om in die middel van die nag wakker te word om teen die magte van duisternis te veg. Kom ons kyk byvoorbeeld na die aktiwiteite van hekse en towenaars. Hulle is agente van duisternis wat deur die gees van towery besit word. Hierdie gees is bekend as ʼn baie bose gees in die koninkryk van duisternis. Die gees geniet dit om skade te veroorsaak en soms om mense totaal te vernietig. Hekse het nie die woord ‘genade’ in hul woordeboek nie. Dit is waarom ʼn persoon; selfs ʼn familielid wat deur hierdie bose gees besit word kan voortgaan en die persoon naaste aan hulle kan vernietig. En hierdie stel agente van duisternis werk hoofsaaklik gedurende die middernag ure.

Hulle modus operandi is gewoonlik om hul bose pyle (aanvalle) te skiet terwyl hulle slagoffers slaap. En teen die tyd wat die persoon wakker word sien hulle hoe alles verkeerd gaan. Hulle kan besighede, bedienings, kerke, huwelike, verhoudings en gesondheid ens. aanval. Soms word die slagoffers se bestemmings na hul heksevergaderings (waar hulle ontmoet) geneem en gebind. Of die slagoffer word eenvoudig net vermoor. God het geweet hoe verskriklik hierdie bose agente van Satan is, gevolglik het Hy vir Israel beveel om nie toe te laat dat hulle (hekse) lewe nie. Ons sal later meer kommentaar hieroor lewer.

Ons doel is om jou te laat besef dat as jy teen hierdie agente van duisternis wil veg en wen, wat gewoonlik gedurende middernag funksioneer, moet jy gedurende die middernag ure wakker wees om te bid. Jy moet wakker word om hul bose pyle, vloeke en inkantasies teen jou ondoeltreffend te maak. En nie net dit nie, jy kan ook terselfdertyd ernstige en ewige verwoesting in hul koninkryk saai. Dit is slegs moontlik deur kragtige en volgehoue middernag gebede.

Ons is ook bewus dat die gevaarlikste sataniese opofferings en verordeninge gewoonlik in die middel van die nag geskied, nie net die heksevergaderings nie. As God ons oë moes oopmaak om te sien wat in ons samelewing of selfs rondom ons aangaan in die nag sal ons geskok wees. Soveel mense wat onskuldig, eerbaar en ordentlik in die dag lyk, raak betrokke by sataniese en duiwelse aktiwiteite in die nag. Dit beteken nie: dat hulle nie kerk toe gaan nie; of nie deel van ander godsdienstige groepe is nie; of nie geld aan godsdienstige liggame en liefdadigheidsorganisasies skenk nie. Sommige van hierdie mense is eintlik wat ek ‘Bewegende Sataniese Altare’ wil noem. Hoe kan die Christen of die kerk teen hierdie mense stry? Dit is slegs deur die beoefening van dinamiese, langdurige gebede, veral in die middel van die nag.

Die Bybel is nie stil oor die aktiwiteite wat in die middernag plaasvind nie. Job het gesê:

“Moenie wens dat die nag kom nie. Dis juis dan dat mense vernietig word.”

Job 36:20

Die Psalmskrywer noem dit “die skrik van die nag” (Psalms 91:5). Jesus het ook gesê dat die vyand gedurende die nag kom om onkruid te saai (Matteus 13:25). Jy mag dit dalk nie glo nie, maar die meeste van die probleme wat ons vandag ervaar is deur demoniese magte in ons lewe ingeskiet terwyl ons geslaap het. En weet jy dat byna alles in hierdie lewe eers in die geestesryk besluit word voordat dit in die fisiese verskyn? Dit verklaar waarom sommige van ons altyd dinge (seëninge of probleme) in ons drome of visioene sal sien voordat ons dit fisies ervaar. Gebeur dit ook met jou? Dit is dieselfde met sataniese pyle. Hulle word eers in die geestesryk geskiet voordat hulle fisies manifesteer.

Niks gebeur sommer net nie. Daar is altyd ʼn oorsaak in die geestesryk, dan volg die effek in die fisiese wêreld. Ons moet wakker word en begin om ons middernag deur gebede te beheer. Dit is waar die slagveld is. En ons wedervaringe op die slagveld sal bepaal hoe groot, kragtig, voorspoedig en gesond ons in die dag sal wees.

Ons sal na voorbeelde van wonderlike mans en vroue (insluitend Jesus) in die Bybel kyk, wie hul middernag gevegte gewen het en gevolglik beheer in die dag gehad het.

Ek was aangemoedig om hierdie boek te skryf na die terugvoer wat ek ontvang het nadat ek dele van hierdie boodskap in my rubrieke in die Guardian koerante en ander gepubliseer het. Ek het terugvoer vanuit Kanada, die Verenigde State, Europa en natuurlik Nigerië, ontvang. ʼn Bekende Kanadese skrywer, wie die artikel op die internet gelees het, was so opgewonde dat sy vir my terugvoer gestuur het om die boodskap te prys, en ook om te bely dat sy op dieselfde tyd van die nag aangeval word deur sataniese agente. Sy het saamgestem met alles wat ek in die rubriek geskryf het.

Ja, geestelike beginsels is universeel. Die metodes en modus operandi kan wissel van plek tot plek, maar die beginsels is basies dieselfde. Dit is nog steeds ou Satan en sy ondeunde donker leërskare. Ons weet dat die oorlog tussen die koninkryk van God en Satan is. Die slagveld is die mens. Die stryd is oor wie die aktiwiteite en bestemmings van mense sal beheer.

Maar, waar God die mens vir goed wil gebruik, wil die duiwel en sy agente die mens verwoes. Hulle haat hom en beny hom, want hulle weet wat God vir hom beplan. Hulle weet wat die mens se plek in God se program is. Hulle is bewus van die wonderlike en salige bestemming wat God vir die mens voorberei, so hulle veg dag en nag om te sien of hulle die plan kan ontspoor. Onthou, hulle (Satan en die heersers van duisternis) is gevalle engele. Hulle was in God se teenwoordigheid voordat hulle aarde toe gegooi was as gevolg van hulle ongehoorsaamheid. So, wat ek hier wil uitlig is dat die middernag ure die hoofterrein is vir hierdie stryd tussen die koninkryke. Jesus het dit so verduidelik:

“Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.”

Johannes 10:10

En jy weet dat die dief altyd in die aand sal wil kom, wanneer hy nie gesien of uitgedaag sal word nie. Ons vyand, Satan, is presies so. Maar kom ons kom by die hoofpunt uit. En dit is om te kyk na wonderlike mans en vroue in Bybel wat die grootste gevegte van hul lewens geveg en gewen het in die middernag ure. Kom ons begin by ons groot Meester en die perfekte voorbeeld, Jesus Christus.