banner banner banner
Die Krag Van Middernag Gebed
Die Krag Van Middernag Gebed
Оценить:
 Рейтинг: 0

Die Krag Van Middernag Gebed


Jesus

Terwyl Hy op die aarde was, het Hy al Sy gevegte gewen. Toe Hy op die punt was om Sy aardse bediening te begin, het Hy in die woestyn in gegaan om te vas vir 40 dae en 40 nagte. Toe Sy kritici hom gekonfronteer het, het Hy die woord van God en die woord van die profete gebruik. Om die ongelowiges te wen het Hy wonderwerke, tekens en wonders gedoen. Om die duiwels te verplaas het Hy hulle berispe en hulle beveel om uit te kom. Maar toe Hy uiteindelik by die punt van Sy hoogste offer vir die mensdom gekom het, het Hy weer in middernag gevegte ingegaan. En dit is wat ek die ‘Slag van Getsemane’ noem.

Die Slag van Getsemane

Die oorlog om die mens te red was geveg en gewen deur Jesus in die middernag ure in ʼn olyftuin met die naam van Getsemane. Die werklikheid en die gewig van Sy doel op aarde het swaar op Hom gelê. Hy het ʼn keuse gehad – Hy kon aangaan of kop uittrek. Maar Hy het gekies om wakker te bly en teen Satan, sonde en self te veg. Dit was die aand voor die laaste 12 ure van Sy lewe. Dit was inderdaad baie belangrik vir die hele redding idee. Ek glo die hoof geveg om die mens te red was op die ‘Getsemane slaggebied’ geveg en gewen. Wat later op die kruis gebeur het was die voleinding van die geveg. Kom ons kyk na die skrif in Matteus 26:34-46:

“Jesus antwoord hom: ‘Glo My, Petrus, vannag nog, voordat die haan kraai, sal jy drie maal ontken dat jy My dissipel is.’ Petrus sê toe vir Hom: ‘Al moet ek saam met U sterf – ek sal dit beslis nooit doen nie!’ Al die dissipels het dieselfde verklaar. Jesus kom toe saam met hulle by ’n olyftuin met die naam Getsemane en Hy sê: ‘Sit julle hier, terwyl Ek daar anderkant gaan bid.’ Hy neem toe vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saam met Hom. Daarop oorval ’n groot ontsteltenis en benoudheid Hom. Hy sê toe vir hulle: ‘Ek is benoud tot sterwens toe. Bly julle hier, en waak saam met My.’

“Hy het toe ’n entjie verder neergeval en met Sy gesig plat teen die grond gebid: ‘O my Vader! As dit moontlik is, neem tog hierdie lydensbeker van My weg. Doen nogtans nie soos Ék wil nie, maar soos Ú wil.’ Hy kom toe terug by die dissipels en kry hulle aan die slaap. Hy sê vir Petrus: ‘So, kon julle dan nie eers een uur saam met My wakker bly nie? Wees waaksaam en bid sodat julle nie in die versoeking kom nie. ’n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie.’ Weer het Hy van hulle af weggegaan en gebid: ‘My Vader! As hierdie beker nie van My kan weggaan sonder dat Ek dit moet drink nie, laat U wil dan uitgevoer word.’ Hy het toe teruggegaan en kry hulle weer aan die slaap. Hulle was so vaak dat hulle oë eenvoudig nie wou oopbly nie. Hy het hulle toe daar gelos en weer weggegaan en dieselfde gebed vir die derde keer gebid. Toe kom Hy na Sy dissipels toe en sê: ‘Slaap en rus julle nog steeds? Die tyd het aangebreek! Ek, die Seun van die Mens, word nou oorgegee in die hande van slegte mense. Staan op, ons moet gaan! Kyk, my verraaier is hier’.”

Ek moes die hele storie deel sodat jy kan verstaan wat ek probeer sê. Hierdie was die nag toe Jesus Sy naaste volgelinge na ʼn olyftuin geneem het om middernag oorlog te voer. Dit was inderdaad ʼn moeilike aand gewees. Hy moes besluit of Hy die reddingsplan sou deurvoer of net los. Wat Hy sou moes deurmaak van die aand in Getsemane tot en met Paassondag het deur Sy kop gewoel. Hy sou deur ʼn gruwelike ervaring moes gaan – die Jode se vyandigheid, die dissipels se verraad, ontkenning en verwerping. Hy sou die volgende moes verduur: 39 sweepslae, die doringkroon, die spies deur Sy sy, die bespotting, die skerp naels en uiteindelik die graf.

Die werklikheid van al hierdie swaarkry het Hom daardie aand getref en Hy het besluit om wakker te bly en deur die nag te veg. Hy het geweet dit gaan ʼn middernag geveg wees en toe Hy klaar was het Hy onmiddellik vir Sy dissipels gesê, “Staan op, ons moet gaan”. Hy het geweet dat Hy die geveg in die gees gewen het en Hy was bereid om die fisiese uitdagings aan te durf. Dit is presies wat gebeur met ʼn middernag gebedstryder. Hulle is altyd vreesloos en reg om enige situasie in die dag aan te pak. Jy sal altyd moedig en vol vertroue wees dat elke omstandigheid vir jou guns sal saamwerk.

Ek stel voor dat jy die film ‘The Passion of The Christ’ deur Mel Gibson kyk (as jy nog nie het nie) om hierdie boodskap beter te verstaan. Jy sal visueel kan sien wat tussen Jesus en die duiwel by Getsemane gebeur het. Satan het byna die oorhand oor Jesus behou om die idee van die kruis te laat gaan. Maar Jesus het hom weerstaan en het gevolglik die stryd gewen. Die stryd is inderdaad in die middernag ure. Begin vandag om te veg.

Israel

Kom ons kyk nou na die rol wat middernag in die bevryding van die kinders van Israel uit Egipte gespeel het. As gevolg van die hardkoppigheid van Farao om die kinders van God te bevry om na die Beloofde Land te gaan, het God besluit om die land met verskillende plae te tref. Moses en Aäron het tekens en wonders gedoen, en het plae op die land van Egipte vrygestel, maar Farao het geweier om Israel te bevry. Daar was plae van paddas, die verandering van die water van die Nyl in bloed, vlieë, muskiete, beeste pes, swere, hael, sprinkane en duisternis. Maar al hierdie plae kon nie Farao se hart verander nie. Hy het nogal met hoogmoedigheid vir Aäron gevra, “Wie is hierdie ‘Here’ nogal dat ek na hom moet luister om Israel te laat gaan? Ek ken nie ʼn ‘Here’ nie. Ek sal Israel ook nie toelaat om te gaan nie. En let wel, ek wil julle mense (Moses en Aäron) nie weer in my paleis sien nie. Die dag wat julle weer hier in kom, sal ek julle doodmaak. Verstaan jy Moses?” En Moses het gesê: “Goed so. Ek sal jou nooit weer sien nie.” En hulle het vertrek. (Eksodus 10)

Daarna het God vir Moses gesê dat Hy net nog een ramp oor Farao en Egipte sou stuur en daarna sou Farao die kinders van Israel smeek om Egipte te verlaat. God het vir Moses gesê dat Hy ʼn ordonnansie, Paasfees, om hulle ontwil sou instel. En dit sou in die nag gedoen word. Hy het gesê dat nadat hulle die ordonnansie verrig het dat Hy (God) deur die land van Egipte sou beweeg en elke eersgeborene, van mens en dier, sou doodmaak, terwyl Hy ʼn vonnis teen al hulle gode sou uitvoer. En dit is presies wat God vir jou sal doen in die middernag ure. Hy sal jou vyande en hul gode oordeel. Hy is gereed om ʼn nuwe ‘ordonnansie’ in te stel om julle ontwil, indien die behoefte ontstaan. Ja, kragtige en bevrydende ordonnansies word die beste by middernag altare ingestel!

My belangstelling hier is by die feit dat God Sy laaste troefkaart teen Farao uitgebring het om hom te forseer om Israel uit Egipte te bevry, en dat Hy verkies het om dit in die middernag ure te doen. Hy het spesifiek vir hulle gesê om die offer in die nag te maak en ook om gereed te wees om die land daardie nag te verlaat. En waarlik, Hy het om middernag gekom.

“Teen middernag het die Here al die Egiptiese seuns wat eerste gebore is, laat sterf, vanaf die Farao wat oor die land regeer se oudste seun tot by die oudste seun van die gevangene wat in die tronk sit. Selfs die vee wat eerste gebore is, het gevrek. Die Farao, sy amptenare en al die mense van Egipte het in die nag wakker geword en opgestaan. Deur die hele Egipte kon gehoor word hoe mense droewig huil. Daar was nie ’n enkele huis waarin daar nie iemand dood is nie.”

Eksodus 12:29-30

Ja, God het die trots en krag van Egipte getref – hulle eersgebore seuns in die middernag ure. Jy kan net die oproer oor die hele land indink. Beide mens en dier se weeklag! Ons God is inderdaad kragtig!

Voor ons voortgaan met wat daardie Paasnag gebeur het is daar iets waarop ek wil hê ons moet let. Die plaag van die dood van die eersgeborenes van Egipte, in teenstelling met die ander plae, was buitengewoon en vreemd vir die Egiptenare. Hulle het op een of ander manier die ander nege plae wat vroeër gekom het gesien, maar die laaste een (die dood van al die eersgeborenes) was nie aan hulle bekend nie.

Plae was nie ongewone verskynsels vir die Egiptenare nie. Dit was deel van hul plaaslike kleur. Die water van die Nyl wat in bloed verander was en die paddas wat die land oordek het was nie heeltemal vreemd nie. Vlieë, muskiete, beeste pes, swere, hael, sprinkane en duisternis was nie iets nuut nie. Hierdie dinge wat die Bybel beskryf word steeds deur die Egiptenare ervaar. Byvoorbeeld, die ‘Rooi Nyl’ is ʼn gebeurtenis waar deposito’s van die Abessiniese Meer dikwels die vloedwater na ʼn donker rooibruin verkleur, veral in die boonste dele van die Nyl. Dit mag dalk soos ‘bloed’ lyk.

Ten tyde van die vloede, kan paddas en vlieë soms so vinnig vermenigvuldig dat hulle gereelde plae in die land word. Egipte het ook luise of vlieë wat by honde voorkom. Hierdie insekte val dikwels hele gebiede in swerms aan en val die oë, neus en ore aan, en hul steke kan baie pynlik wees. Beeste pes is regoor die wêreld bekend. Die plaag van sere is ook bekend as die ‘Nyl hart’ of ‘Nyl-jeuk’. Dit is ʼn irriterende en branderige uitslag wat dikwels in maagsere ontaard. Moses het ook hierdie verskriklike uitslag as ʼn dreigement van straf teen die Israeliete gebruik tydens hulle tyd in die woestyn.

Dieselfde kan oor die haelstorms en duisternis gesê word. Slegs die dood van die eersgeborenes was ʼn plaag sonder gelyke. Dit was ontwerp om die laaste strooi te wees wat die kameel se rug sou breek. En Farao, soos verwag, het onmiddellik geswig.

Kom ons gaan nou terug na die Paasnag toe. God het vir die Israeliete gesê dat wat hulle daardie aand gedoen het ʼn ordonnansie vir die res van hul lewens sou word. Hulle moes dit elke jaar doen en ook vir hul kinders aangee. Dit is presies hoe ek middernag gebede sien. Raadsbesluite wat gedurende middernag gebed gemaak word is altyd baie sterk en hulle bring dikwels goeie resultate.

In die meeste gevalle bring hulle ook deurbraak en seëninge wat oor generasies strek; wat jou sal oorleef. En ons moet ook hierdie praktyk vir ons toekomstige geslagte aanleer. Dit is ook in die middernag ure dat die meeste van die sataniese verordeninge teen ons, ons families, dorpe, kerke ens. Gestel word, soos ons vroeër genoem het. So, wanneer ons in die middernag bid, vernietig ons sulke sataniese verordeninge en skep vars en gunstige verordeninge wat namens ons sal praat vir die res van ons lewens.

Die Paasnag middernag het die kettings van slawerny van die Israeliete af gebreek. Dit het hulle vyande en hul gode verslaan en het ook vir hulle ʼn ongelooflike rykdom gegee. Trouens, die Bybel sê in Eksodus 12:36, “Israel het Egipte behoorlik geplunder.” Dit is presies wat met jou gebeur wanneer jy by middernag gebede betrokke raak. Begin vandag en jy sal magtige verlossing oor jou pad sien kom.

Jakob

“Gedurende die nag het Jakob opgestaan en sy twee vroue, twee slavinvroue en elf seuns geneem en hulle deur die Jabbokdrif gestuur. Nadat hy hulle na die oorkant toe laat gaan het, stuur hy ook al sy besittings deur. Hy het daar alleen agtergebly. ’n Man het gekom en met hom gestoei tot dagbreek toe. Toe die man sien dat hy hom nie kom onderkry nie het hy Jakob op sy heup geslaan sodat dit uit die potjie spring. Toe sê die man: ‘Los my nou, die dag begin al breek.’ Uitasem sê Jakob: ‘Ek sal jou net laat gaan as jy my seën.’ ‘Wat is jou naam?’ vra die man. Hy antwoord: ‘Jakob.’ ‘Jou naam sal nie meer Jakob wees nie,’ sê die man vir hom. ‘Van nou af is dit Israel, want jy het met God en mens geworstel en nie kopgegee nie.’

“‘Wat is jóú naam dan?’ vra Jakob hom. ‘Hoekom vra jy wat my naam is?’ antwoord die man. Toe seën hy Jakob net daar. Jakob het die plek Pniël genoem, want hy het gesê: ‘Ek het God in die gesig gekyk. Tog is my lewe gespaar.’ Die son was besig om op te kom net toe hy van Pniël af weggaan. Van toe af het hy gehink as gevolg van sy heup.

Genesis 32:22-31

Ons wil sien hoe Jakob sy middernag benut het om sy ongunstige situasie te verander. Jy weet seker reeds dat baie min mense in die Bybel dieselfde vlak van goddelike genade as Jakob ervaar het. God het hom in so ʼn mate geseën dat sy kinders, vroue en ander besittings in groepe en kampe beweeg het. En teen dié tyd het hy Paddan-Aram (Laban se huis) verlaat om na Kanaän te gaan volgens God se instruksie.

Toe hulle by ʼn plek kom wat Jakob Maganajim genoem het (God se Kamp), het hy boodskappers na sy broer Esau gestuur om hom in te lig dat hy op pad huis toe was. Maar sy broer se reaksie was vreesaanjaend. Die boodskappers het teruggekom en hom vertel dat Esau kom om hom te ontmoet met ʼn elite-groep van 400. Jakob was onmiddellik verward. Hy het met paniek probeer dink wat om te doen. Toe het hy gebid en het geskenke aan sy ontstoke broer gestuur om hom te paai.

Ons moet onthou dat Jakob Esau se geboortereg en seëninge weggeneem het op ʼn bedenklike wyse. Dit was nou Esau se geleentheid om hom terug te betaal. En ook, na Jakob gevlug het, het Esau homself beskou as die enigste erfgenaam van hulle vader se besittings. Hy kon ook gedink het dat Jakob terug gekom het om hom van hul vader se groot boedel te verplaas of om ten minste vir sy eie aandeel te vra.

Jakob het geweet dat die bogenoemde ʼn moontlikheid was en daarom het hy vir die boodskappers gesê om vir Esau te vertel dat hy nie huis toe gekom het om vir sy erfenis te baklei nie, want God het hom reeds geseën met beeste, esels, kleinvee, slawe, en vrou-dienaars.

Jakob en sy familie het by die Jabbokrivier aangekom, en soos die nag gekom het, het hy sy gesin oor die drif van die rivier gestuur, terwyl hy alleen agter gebly het. Hy het besluit om die nag in gebed deur te bring en hy het verlang om alleen met God te wees. Dit was ʼn eensame, geïsoleerde, en onbeskermde plek. Jakob het in nood op die aarde neergebuig. Dit was middernag. Die realiteit van Esau se bedreiging teen hom, sy kinders en vroue het in hom geroer. Hy het geween, gehuil, en het God herinner aan al Sy beloftes aan hom.

En ewe skielik was daar ʼn sterk hand op sy skouer. Hy het gedink dit is ʼn vyand wat sy lewe wou neem en hy het probeer om homself uit die greep van sy aanvaller te kry. Die twee het in die duisternis geworstel. Daar was nie ʼn woord gespreek nie, maar Jakob het al sy krag bymekaar geskraap en het nie sy pogings vir ʼn oomblik ontspan nie. Hy het vir sy lewe baklei.

Dit is presies waaroor middernag gebed gaan. Dit gaan oor die stryd vir jou lewe en bestemming. Wanneer jy lewensgevaarlike situasies in die gesig gestaar, wanneer jy omstandighede wat jou bestemming bedreig in die gesig gestaar, is die beste plek om hulle op te los die middernag terrein. Om middernag stoei jy met God, met die mens, en met geeste. En wanneer ʼn mens vir hul lewe veg het jy nie regtig nodig om vir hul te sê om dapper te wees nie. Hulle sal teen die situasie veg tot en met hul laaste asem. Daar is vandag probleme in jou lewe wat ek glo net uitmekaar gehaal kan word deur middernag gebede. En jy moet teen daardie probleme veg asof dit jou laaste geveg is.

Jakob het vir die wese met wie hy geworstel het gesê dat hy (Jakob) hom nie sou laat gaan, tensy hy hom geseën het nie. Dit moet ook ons gesindheid wees elke keer as ons bid. Ons moet bid met kanniedood mentaliteit. Jakob het volgehou en die oorhand gekry. Hy het geweier om op te gee totdat hy geseën was. Alhoewel dit soms lyk asof die situasie moeiliker of taaier word terwyl ons bid, moet jy aanhou totdat jy die oorwinning kry. Hou altyd in gedagte dat ʼn seëvierende einde gewaarborg is.

Jakob het daardie plek as ʼn veranderde man verlaat. Hy het ʼn ewige naam ontvang – Israel. Al sy vrese was afgehandel en God het ook voor hom uitgegaan om Esau se hart te versag. Sy vrese het oornag in moed verander. Hy het voortgegaan om sy broer en sy elite-groep te ontmoet. Teen hierdie tyd het God hulle in sy vriende verander. Trouens, die Bybel sê dat soos Jakob die worstel plek verlaat het – Pniël – was die son besig om op te kom (Genesis 32:31). Die son sal ook vandag vir jou opkom, in die naam van Jesus! Daar is niks wat jy nie deur middel van middernag gebede kan bereik nie. Begin vandag en getuienisse sal agter jou begin aanhardloop. Kom ons kyk kortliks na wat een van die wonderlikste leraars van ons tyd oor middernag gebed sê voordat ons aangaan:

Kenneth E. Hagin oor Middernag Gebed

“Eerstens, laat ek verduidelik dat ek meeste van my bid werk in die aand doen. Ek is al vir die meeste van my lewe ʼn aand persoon. Ek is nou ouer en het effens verander, maar ek was nog altyd meer waaksaam gewees teen MIDDERNAG as op enige ander tyd van die dag. Dit is ook waarom ek altyd my studeer werk in die aand gedoen het. Ek het al baie keer regdeur die aand gestudeer en gelees.

“Ek het in die gewoonte gekom om gedurende die aand te bid toe ek bedlêend was in 1933 en 1934. Ek kon nie op enige ander manier bid behalwe in die bed nie, want ek was bedlêend – gekoppel aan daardie bed. Ek kon nie opstaan en loop nie. Ek onthou een spesifieke aand, ek het die hele aand gebid. Ek het glad nie geslaap nie; ek het net gebid. Daar is baie aande wat ek byna die hele aand lank bid. Daar is ook baie aande waar ek vir ʼn uur of twee sou bid voordat ek gaan slaap het.

“Ek het altyd uitgesien na aande wanneer almal in die bed was en dinge stil geraak het, sodat ek kon bid… Ek het in die gewoonte gekom om in die aand te bid wanneer ek alleen kon wees, en ek dink ek het dit net aanhou doen deur die jare. Baie kere het God in die aand met my gepraat.”

Kenneth E. Hagin is die stigter van Kenneth Hagin Ministries en RHEMA Bible Church, Tulsa, Oklahoma, VSA.

– (Uittreksel is uit sy boek Plans, Purposes & Pursuits, bladsy 2, geneem en losweg vertaal).

Die meeste suksesvolle leraars wie al ooit ʼn onuitwisbare merk vir die koninkryk van God gemaak het, het dieselfde ervaring en stories om te vertel. Maar ons kan hulle nie almal hier noem nie. Kom ons gaan oor na die volgende hoofstuk.

Hoofstuk 2

God van Hanna

Die meeste mense wat die krag van middernag gebed ontgin is diegene wat desperaat vir God se ingryping in hul situasies is. Hulle het ʼn plek bereik waar dit vir hulle verby sal wees as God niks aan hul omstandighede doen nie. Hulle kom by ʼn kruispad aan. Voordat jy die gemak van jou bed sal verlaat en jouself ontneem van ʼn goeie nagrus om te huil en vir God te vra om by jou situasie in te gryp, dan sou jy ʼn plek van wanhoop in jou lewe bereik het. Soms laat God toe dat ons by so ʼn plek uitkom, sodat ons ons perke kan sien en om, terselfdertyd, Sy vermoë om te red en herstel te waardeer.

Kom ons kyk na die verhaal van Hanna in 1 Samuel 1:6-20:

“Maar Peninna het Hanna oor haar kinderloosheid gespot en verneder. Dit het jaar na jaar gebeur wanneer hulle na die huis van die HERE gegaan het. Dit het Hanna so laat huil dat sy nie wou eet nie…

“Op ’n keer toe hulle weer by Silo was, het Hanna ná die offermaaltyd na die heiligdom van die HERE gegaan. Die priester Eli het op sy gewone plek by die ingang gesit. Hanna was baie ontsteld en terwyl sy onbedaarlik huil, het sy tot die HERE gebid. Sy het ’n gelofte maak: ‘O HERE, Almagtige, as U tog net my verdriet wil raaksien en my gebed verhoor en vir my ’n seun gee, sal ek hom vir U teruggee. Lewenslank sal hy aan U behoort. As teken daarvan sal sy hare nooit gesny word nie.’

“Terwyl sy besig was om te bid, het Eli haar dopgehou. Haar lippe het beweeg, maar ’n mens kon niks hoor nie. Hy dink toe sy is dronk. ‘Moet jy dan besope hier aankom?’ sê hy. ‘Los die drank uit!’